Skotland in verset teen Brexit

Die Skotse parlement het in ’n stemming besluit om nie die Europese Unie Onttrekking Wetgewing wat deur die Britse parlement in Londen opgestel is, te onderteken nie, en veroorsaak daarmee ’n grondwetlike krisis.

Kenners meen die Skotse parlement kan met die besluit ’n ernstige grondwetlike geskil met Brittanje veroorsaak, en kan selfs daartoe lei dat die Skotte kan afstig van die Verenigde Koninkryk.

Die Skotse parlement in Edinburgh het met ’n 93 stemme teen 30 die mosie aanvaar wat Brittanje in ’n moeilike verhouding met Skotland bring.

Die Wet wat ten doel het om die uittrede uit die Europese Unie te implementeer kan nou lei tot ernstige wrywing wat selfs kan deur trek na die Europese Unie.

Met Skotland wat nou hard en duidelik standpunt ingeneem het in sy parlement, is die bal in die Verenigde Koninkryk se kant om die besluit van die Skotte te respekteer.

Die Skotse Nasionale Party wat met ’n stewige meerderheid regeer in Skotland, beskik nie oor veto magte oor die Brexit wetgewing nie, maar hulle weiering om dit te onderteken is die voorloper van ’n ernstige botsing met Londen.

Skotland het met ’n sterk meerderheid in die 2016 referendum ten gunste van voortgesette lidmaatskap in die EU gestem en het reeds gedreig met afskeiding van die Verenigde Koninkryk om daarmee sy EU lidmaatskap te behou.

Foto – Skotse parlement