Skoolgebou en vangwa uitgebrand

Vier dae van geweld het gelei tot die vernietiging van skoolgeboue in Groblersdal se Zaaiplaas omgewing.

Sewe verdagtes is gearresteer en sal vandag in die hof verskyn.

Twee skoolgeboue en ‘n vangwa is uitgebrand en een polisiebeampte is beseer.