Skerp teenkanting teen Franse president

Kwalik een jaar nadat President Emmanuel Macron van Frankryk tot staatshoof verkies is, het die meningspeilings sy toenemende ongewildheid uitbasuin.

In ’n groot meningsopname wat deur verskillende media gesamentlik onderneem is, is bevind dat 60% van die Franse kiesers ontevrede is met hulle sosialistiese president.

Die afgelope naweek het derduisende ontevrede kiesers hulle misnoeë op vreedsame wyse in die strate van die groot stede getoon en in Parys het ’n massa optog die middestad tot stilstand gebring.

Die 40-jarige Franse president het klaarblyklik verwagtinge geskep wat hom aan bewind gebring het, maar talle stakings van die vervoer- en landboubedryf toon noudat sy hervormings planne onaanvaarbaar is vir kiesers.

Waarnemers wys daarop dat sy voorganger, president Holland, ewe ongewild was na ’n jaar in die amp as president.

Kiesers het hulle misnoeë te kenne gegee oor verskillende beleidsrigtings, waarvan die 80 km per uur spoedbeperking op talle paaie, die ergste frustrasie ontlok.

Politieke ontleders wys daarop dat die president verkies is met ’n 66% meerderheid, wat nou omgeswaai het na ’n 60% teenkanting.

Foto – President Emmanuel Macron