Sjina vrees ’n VSA handelsoorlog

Die werkloosheidsyfer is reeds kommerwekkend hoog in die grootste deel van Sjina, ’n ekonomiese groeiverwagting het misluk, en die skuldlas is skrikwekkend hoog.

Dit verklaar waarom Sjina ’n handelsoorlog met Amerika ten alle koste wil vermy, want die enorme skuldlas wat aangegaan is, se verwagtinge het nie gerealiseer nie.

In die weste van Sjina staan ’n stad met reuse wolkekrabbers, maar die geboue en strate is dolleeg, want daar woon nie ’n enkele mens nie.

Die oprigting van die reuse stad Ordos, wat ook woonstelblokke het wat spesiaal vir toeriste bedoel is, het nog nooit ’n mens gehuisves nie.

Die oprigting van die reuse stad het miljarde en miljarde dollar beloop, en is ’n groot wit olifant wat nie gou sal begin lewe nie.

’n Handelsoorlog met Amerika is tydelik afgeweer nadat die VSA samesprekings met Sjina gevoer het en geëis het dat Sjina sy aankope by die VSA moet verhoog om die wanbalans in die VSA se handelstekort reg te stel.

Kenners wys daarop dat die VSA van Sjina verwag om minstens die helfte van sy handelstekort met Sjina moet uitgewis word, wat meebring dat die kommunistiese staat sowat $200 triljoen se aankope per jaar moet doen tot 2020.

Foto –Ordos woonstelle vir toeriste