Sjina ontplooi missiele op eiland

Sjina gaan voort met sy onwettige optrede nadat hy wederregtelik ’n kunsmatige eiland in die Sjinese Suidsee gebied gebou het tot die ergernis van talle lande, veral omdat dit in die weg van ’n baie besige internasionale seeroete is.

Om die oortreding nog verder te neem, het die kommunistiese regering besluit om missiele te ontplooi op die handelsroete se Suidsee Eiland

Dit het die ontevredenheid van Viëtnam, Filippyne, en Maleisië laat opvlam aangesien die kunsmatige eiland sowat 3 miljoen vierkante kilometer van see oppervlakte beslaan terwyl Sjina daarmee sy seegrens aansienlik verder uitbrei.

Die verskillende lande sê groot dele van die Sjinese besetting behoort aan hulle, en selfs die Verenigde State van Amerika is besig om Sjina te toets deur oorlogskepe naby die eiland te laat verby vaar.

Amerika het vroeër die Sjinese daarvan beskuldig dat hulle die eiland as ’n weermagbasis inrig toe ’n lang aanloopbaan vir vliegtuie gebou is, maar die Sjinese het dit bly ontken.

Met die jongste ontplooiing van missiele op die eiland, is die VSA se beskuldigings bewaarheid, maar dit blyk dat die Sjinese reeds gesien het dat niemand teen hulle gaan optree nie.

Foto – Die kunsmatige Eiland