Sjina breek hommeltuig rekord

Die Sjinese het meer as 1 300 hommeltuie gelyktydig in die lug laat vlieg vir ’n volle 13 minute in die toeriste stad Xian, en word die jongste rekord van hierdie aard wat in die Guinness World Record opgeneem is.

Die Sjinese hommeltuig maatskappy EHang het 1 374 hommeltuie die lug ingestuur wat die grootste aantal onbemande lugvaartuie is wat op dieselfde oomblik in die lug is.

Al 1 374 eenhede was vir 12 minute gelyktydig in die lug, en is deur die Guinness World Record erken as die grootste aantal ooit wat gelyktydig gesweef het.

Die vorige rekord is deur die Amerikaanse Intel gehou toe hulle 1 218 hommeltuie tydens die Winterspele in Suid-Korea gelyktydig in die lug gehad het.