Samsung moet Apple miljoene betaal

’n Federale hof het beslis dat Samsung skuldig bevind is deur sekere slimfoon patente te kopieer en is nou swaar belas om ’n spoedige terugbetaling aan Apple te doen.

Die hof het bepaal dat Samsung $539 miljoen moet opdok vir die onregmatige nabootsing van sekere slimfone wat Apple reeds op die mark gehad het.

Die twee maatskappye is reeds vir meer as sewe jaar in ’n hewige stryd met mekaar gewikkel oor patente en sekere tegniese konsepte.

Die Amerikaanse reus Apple het ’n uitstekende oorwinning teen sy Koreaanse mededinger, Samsung, behaal met die hofbeslissing.

Samsung is skuldig bevind aan die oortreding van die patene wette en is na sewe jaar uiteindelik vasgevat om Apple te vergoed vir die skade wat dit hom berokken het.

Vroeër is Samsung se visevoorsitter in hegtenis geneem weens sy betrokkenheid by ’n korrupsie skandaal wat uiteindelik ook die kop van Suid-Korea se president geëis het.

Samsung het ook ernstige gehalteprobleme met verskeie produkte ondervind, en is een van sy slimfone selfs op vliegtuie verbied omdat dit soms ontplof, en huisvroue het eise teen die vervaardiger ingestel van wasmasjiene wat “ontplof” het.

Apple se eis wat in die hof gedien het, was egter een miljard dollar, en kenners sê so ’n eis kon Samsung finaal tot bankrotskap gedwing het.