SA Express sukkel

Die sukkelende SA Express lugdiens kon nie verdere lenings by banke verkry nie.

Die redery sal nou herkapitalisering moet ondergaan aldus  Edwin Besa van SA Express. Dit sal glo help om personeel in diens te neem met die nodige  vaardighede. Leierskap moet versterk word en bestuur moet finansiële uitdagings hanteer, sê die hoof finansiële beampte van SA Express, Mpho Selepe.

‘n Tekort aan onderdele veroorsaak dat vliegtuie nie betyds herstel kan word nie wat weer lei tot kansellasies van vlugte.

Intussen is daar sprake van erge korrupsie binne SA Express met verbintenisse by die Noordwes provinsie. 40 loodse en/of tegnici het die afgelope jaar bedank by SA Express . Van die totale vloot van 20 vliegtuie  is sewe “gegrond” terwyl twee onherstelbaar is.