SA Express se vlerke geknip

Burgerlugvaart het die lugvaartbedryfsertifikate en lisensies van SA Express opgeskort. Dit beteken dat hulle nie meer kan vlieg nie en talle passasiers moet inderhaas alternatiewe reëlings tref.

Nege van die 21 vliegtuie se lugvaardigheidsertifikate is opgeskort, skynbaar as gevolg van geen onderhoud aan die vliegtuie nie, wat beteken dat passasiers se lewens in gevaar gestel word.

VF Plus sê die drie hoofredes waarom SA Express-vliegtuie se vlerke so sonder seremonie geknip is, onderliggend aan die probleme van die SAL, staatsentiteite, munisipaliteite en alles onder beheer van die ANC-regering: Wanbestuur, onbevoegdheid en korrupsie.

Die vraag word gevra word hoe lank die bestuur van die lugdiens bewus was van gebrekkige onderhoud aan die vliegtuie, maar steeds toegelaat het dat dit vlieg met groot risiko vir sy passasiers en die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel.

VF Plus reken die beoogde samesmelting van SAL, SA Express en Mango gaan nie die entiteite red nie. Dit gaan eerder tot groter agteruitgang lei, veral tot nadeel van Mango wat tans die suksesvolste van die drie is.  Die opskorting van SA Express se vlugte dui daarop dat hierdie samesmelting slegs tot nadeel van SAL en Mango sal strek.