Rusland besnoei op militêre uitgawes

Die Verenigde State van Amerika is steeds die land met die grootste begroting op militêre gebied, en Rusland het hierteenoor ’n skerp daling van sowat 20% aangekondig vir die huidige boekjaar.

Die opvallende is dat Rusland, volgens ’n deeglike studie, sedert 1998 vanjaar vir die eerste keer ’n kleiner begroting het op militêre gebied.

Die vermindering van 20% bring mee dat Rusland sowat $66 miljard beskikbaar het vir verdediging.

Die bevinding is gedoen deur die Stockholm Navorsingsinstituut wat verlede week vrygestel is, en het daarop gewys dat Saoedi Arabië vanjaar meer aan wapentuig spandeer as Rusland.

Amerika bly steeds die land met die grootste bedrag aan militêre toerusting en het dit vanjaar met een persent verhoog tot ’n rekord bedrag van $1,74 triljoen.