Rokers se dae getel?

Strenger wetgewing is op die tafel om rook nou selfs in openbare plekke te verbied.

Dit kan beteken dat rokers selfs nie meer in toegekende areas in restaurante mag rook nie. Rook in voertuie waar kinders teenwoordig is, asook rook by werksplekke, is reeds in vorige wetgewing geteiken.

Die konsep wetgewing gaan binnekort vrygestel word vir kommentaar deur die publiek.

Alhoewel die wetgewing drakonies klink toon die Wêreld Gesondheid Organisasie aan dat rook veroorsaak bykans 7 miljoen sterftes per jaar waarvan 900 000 nie-rokers is,  wat blootgestel word aan inaseming van sekondêre rook.

Rokers word algemeen beskou as uiters selfsugtige persone wat nie omstanders in ag neem met hul rookgewoontes nie, en boonop die omgewing besoedel met die rondstrooi van stompies.

Daar is egter groot kritiek teen die beoogde rookwetgewing, in die lig daarvan dat ander misdaad nie vasgevat word nie en misdadiger met alles kan wegkom, solank hulle net nie rook nie.