Rente onveranderd

Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers onveranderd gelaat op 6,5%, maar sê daar is rooiligte wat flikker.

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, verwag dat inflasiedruk kan toeneem weens die verhoging in BTW, die hoër elektrisiteitspryse wat binnekort in werking tree, en die hoë olieprys.

Intussen verswak die rand steeds geleidelik, wat beteken dat daar waarskynlik ‘n aansienlike brandstofprys verhoging sal kom volgende maand. Dit sal pryse van alle goedere laat styg, aangesien die meeste produkte deesdae per pad vervoer word nadat die spoorwegstelsel grootliks verval het.