Renosterstroper kry R1 miljoen boete

‘n Renosterstroper is in die hof in Ellisras gevonnis tot ‘n boete van R1 miljoen of 10 jaar tronkstraf.

Die 57-jarige Freitas Antonio Xavier is vasgetrek nadat die polisie se Eenheid vir Bedreigde Spesies ondersoek begin instel het na etlike renosters gestroop is vir hulle horings. Toe hulle op sy plaas toegeslaan het, het hulle 8 renosterpote, 7 renoster karkasse en twee renosterkoppe in ‘n koelkamer gekry. ‘n Ontbinde karkas en twee renostervelle is ook gevind.