Reën in die Kaap bring verligting

Goeie reënval die afgelope tyd het groot verligting gebring in die droogte geteisterde gebied in die Kaap en Weskus.

Damvlakke staan tans op 24% vergeleke met die 19,8% van 2017.

Goeie neerslae is ook aangemeld in die droë Namakwa en Weskus druiwe gebied.

Die waterskaarste is egter nog steeds krities maar die komende winter reënval behoort damvlakke op te stoot.