Ramaphosa stel visier op Arthur Fraser

Cyril Ramaphosa gaan ‘n paneel aanstel om ondersoek in te stel rondom die gemors by die Staat Sekuriteit Agentskap (SSA).

Die beweerde misbruik van R1 miljard se geld van die belastingbetaler deur Fraser is ook onder die soeklig.

Fraser se eskapades is in besonderhede deur die joernalis Jacques Pauw beskryf.

Ramaphosa wou aanvanklik nie ‘n vraag beantwoord hoekom Fraser nie afgedank is nie en net oorgeskuif is na Korrektiewe Dienste.   Na druk het hy die verskoning aangevoer dat Fraser se saak sensitief is weens die aard van intelligensie dienste se sake.

Foto: Arthur Fraser