Pro-Russiese rebelle verdeel Georgië

Die regering van Georgië ten suide van Rusland het teruggeslaan nadat Sirië die pro-Russiese rebelle se wegbreek uit Georgië erken het as onafhanklike staat.

Georgië het sy diplomatieke bande met die regering van president Assad in Sirië gebreek nadat Sirië die vyfde staat geword het wat die wegbreek rebelle se eis om onafhanklikheid erken.

Twee streke van Georgië, die Abkhazia en Suid- Ossetia  gebiede het weggebreek nadat Russiese ondersteuning hulle afskeiding bevorder het.

Die twee streke word nou as twee onafhanklike state erken deur Sirië en Rusland as die Republiek van Suid-Ossetia en die Republiek van Abkhazia.

Die minister van buitelandse sake in Georgië het gesê die erkenning van die rebelle se wegbreek is ook ondersteuning aan Rusland se militêre bystand wat die wegbreek moontlik gemaak het net soos wat in die Krim gebied gedoen is.

Met die ineenstorting van die Sowjet Unie in die jaar 1990 en daarna, is die twee gebiede internasionaal toegeken as deel van Georgië, maar Rusland het nie daarmee saamgestem nie en geleidelik sy invloed laat geld, wat nou tot die wegbreek gelei het.

Histories is die twee gebiede deel van die staat van Georgië, maar tydens die Koue Oorlog het hulle saam met Rusland teen Georgië geveg.

Westerse lande weier egter om die onafhanklikheid van die twee streke te erken, en politieke ontleders het hulle kommer uitgespreek oor die metodes wat Rusland gebruik om sy grondgebied verder uit te brei soos wat in die Krim en Georgië gedoen is.

Die Republiek van Suid-Ossetia  het slegs 51 000 inwoners en die Republiek van Abkhazia het 250 000 inwoners.