Pretoria en vullisverwydering

Verkeer in Pretoria sentraal is tot stilstand gebring deur vullisverwyderaars van die SAMWU vakverbond.

Hulle kla oor onveilige werkstoestande en die moontlike opdoen van siektes.  Persoonlike beskermingstoerusting word geëis vir alle werkers, terwyl hulle ook nuwe vullisverwydering vragmotors eis.