Politieke krisis in Armenië verdiep

Die derduisende kiesers van Armenië het wel daarin geslaag om met voortdurende optogte die eerste minister te laat bedank, maar dit het weer ’n nuwe krisis ontketen.

Die Suid-Kaukasiese volk se politieke krisis het ’n nuwe wending nadat die opposisieleier, Nikol Pashinyan, hernude besware opper teen die regering.

Hulle eis noudat die hele regering van Armenië moet bedank, en Pashinyan sê hulle het nooit die bedoeling gehad om slegs teen een enkele persoon te betoog nie, en eis dat die kabinetslede almal hulle bedankings inhandig.

Pashinyan, wat self daarop ingestel is om tydelik as eerste minister te dien, vra ook ’n gesprek aan met die huidige agerende premier.

Gedurende die week wil die leiers van die Republikeinse Party wat tans regeer, ’n nuwe eerste minister aanwys, maar die opposisie kan sake bemoeilik deur voort te gaan met optogte en beswaarskrifte.

Die nuwe premier sal na verwagting vroeg in Mei gekies word, en die uitslag daarvan kan lei tot hernude verset deur die opposisielede.