Polisie gryp in oor een sent vleiskoekies

Die polisie in Duitsland het onverwags ingegryp om die orde te herstel nadat ’n instansie in Wiesbaden geadverteer het dat ’n wegneem ete plek vleiskoekies vir ’n sent stuk beskikbaar stel.

Binne enkele ure was die perseel vol mense, en die nagenoeg 400 wat saamgedrom het om van die koekies te kry, het tot konflik gelei en moes die polisie ingryp.

Die organiseerders sê hulle het nie naastenby so baie mense daar verwag nie, en het gereed gemaak dat sowat 200 mense mag opdaag, en nie besef dat die aanbod so aantreklik is dat duisende mense daarheen gestroom het nie.

Die polisie moes skare beheer toepas om te verseker dat die mense nie seerkry nie, en die wegneem ete punt kon nie in almal se vraag voorsien nie.