Poetin open omstrede Krim-brug

President Vladimir Poetin van Rusland is genooi om die omstrede brug te open wat die Krim skiereiland met Rusland verbind en wat opgerig is nadat die pro-Russiese rebelle in die gebied die streek onafhanklik verklaar het.

Die Krim-brug, wat 19 kilometer lank is en ses maande vroeër voltooi is as wat aanvanklik geskeduleer is, het ’n verbinding geword tussen die Krim stad, Kerch en die suidelike Krasnodar streek van Rusland.

Die brug sal die Krim skiereiland minder afhanklik maak van skeepsvervoer en sal waarskynlik ook deel van Rusland word sonder slag of stoot.

Die oprigting van die reuse brug het €3,1 miljard gekos en is die langste brug in Europa en stel daarmee die Vasco da Gama Brug in Lissabon, Portugal nou in die tweede plek.

Volgens ’n verklaring wat deur die Kremlin uitgereik is, sal die brug oopgestel word vir verkeer op 16 Mei.

President Poetin het ’n vragmotor bestuur wat die eerste voertuig is om oor die lang brug te ry wat daarna oopgestel is vir openbare gebruik.

Die Oekraïne het skerp kritiek gelewer oor die brug en daarop gewys dat die brug te laag is en groot skepe nie onder die brug kan deur nie.

Foto – Gedeelte van die Krim-brug