Plaasmoorde geen Prioriteitsmisdaad

Die minister van polisie, Bheki Cele (foto), het vier misdade geïdentifiseer as prioriteitsmisdade wat dadelik aangespreek moet word.

Die vier is die transito rooftogte, taxi geweld, bende aktiwiteite en politieke moorde.

Dit beteken dat plaasmoorde geen prioriteit vir hom is nie en boere moet weer eens besef dat daar nie vir hulle omgegee word vanuit owerheidsgeledere nie.

Ontleders sê statistiek sal toon dat politieke moorde se getalle ver minder strek as die aantal plaasmoorde wat weekliks plaasvind.