Parlement betaal Holtzman

Die parlement het ooreengekom om die vorige hoof van Beskermingsdienste agt maande se salaris te betaal en het alle klagtes teen haar terug getrek.

Dit volg na jare se onderhandelings en dispute.  Holtzman het onderneem om haar klagtes teen die parlement terug te trek.

Holtzman is geviktimiseer nadat sy beweerde wandade by die parlement die lig laat sien het.