Paaie gesluit in die Kaap

Jakes Gerwel Rylaan en die R300 moes gesluit word Woensdag aand nadat protesoptrede gewelddadig geword het.

‘n OTM is aan die brand gesteek terwyl ‘n voertuig en ‘n vrugtestalletjie beskadig is . Verskeie voertuie is met klippe bestook en verkeersligte is beskadig.

Dienste word geëis deur plakkers maar die hutte is opgerig  op ‘n privaat stuk grond en die stadsraad weier om dienste daar te verskaf.

VF Plus se Kaapse leier, dr. Corné Mulder, het intussen die oorsaak van die geweld voor die deur van die ANC gelê wat mense vanuit die Oos-Kaap invoer in ‘n poging om die gebied oor te neem. Hy het ook die DA daarby betrek omdat hulle niks doen om die probleem op te los nie.