Oudminister voor stok

Oudminister Bathabile Dlamini is tydens haar ondervraging deur oudregter Ngoepe ernstig oor die kole gehaal.

Dlamini het tydens die ondersoek na haar optrede in die Sassa gemors verskeie kere gesê: “Ek weet nie” of “ek kan nie onthou nie”. Sy het verskeie kere botweg geweier om vrae te antwoord of sy het antwoorde verskaf wat geen betrekking gehad het op die vrae nie.

Die ondersoek is ingestel deur die Grondwetlike Hof om te bepaal of Dlamini skuldig was aan wanbestuur in die sosiale toelae bestuur.

Foto: Bathabile Dlamini