Oud polisie kommissaris en kie tronk toe

Oud Wes-Kaap polisie kommissaris, Arno Lamoer (foto) en sy mede-beskuldigdes is weens bedrog en korrupsie tronk toe gestuur.

Lamoer is effektief gevonnis tot ses jaar tronkstraf met ‘n twee jaar opgeskorte vonnis. Sakeman Salim Dawjee is ook ses jaar gevonnis terwyl brigadier Darius van der Ross twee jaar en brigadier Colin Govender ses jaar tronkstraf gekry het.

Regter Allie het met vonnisoplegging gesê dat daar ‘n sterk boodskap moet uitgaan dat korrupsie in die polisie nie geduld sal word nie.