Openbare Beskermer stel “afgedankte” Mahlangu aan

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is weer in die spervuur nadat sy Vusi Mahlangu as ‘n nuwe uitvoerende bestuurder aangestel het.

Mahlangu is afgedank as adjunk direkteur-generaal in Limpopo se departement van landelike ontwikkeling.  Hy was betrokke by ‘n skaduagtige plaas transaksie waarby die vorige minister Gugile Nkwintini se ANC kameraad gebaat het.

Die Bekendvlei plaas was gekoop vir R97 miljoen en oorhandig aan Erool Velile Present sonder dat die korrekte prosedures gevolg is. Volgens ‘n woordvoerder van die OB is Maghlangu aangestel na ‘n “kompeterende werwingsproses”, dit terwyl daar ‘n regsproses hangend is rondom Mahlanhu se afdanking in Limpopo.

So word “personeel” geskuif van een departement na die ander, ongeag vorige prestasies, wanprestasies of geen prestasies nie en meen kenners word daarmee presedente geskep vir mense om met misdaad en wanbestuur weg te kom.

Foto: Busisiwe-Mkhwebane