Oostenryk wil immigrante voordele verminder

Oostenryk neem vanjaar die roterende amp van president in die Europese Unie oor, en wil van die geleentheid gebruik maak om sekere aspekte deurgevoer te kry in Oostenryk om immigrasie na die land te ontmoedig.

Die konserwatiewe koalisieregering van kanselier Sebastian Kurz wil die immigrante wat nie Duitstalig is nie, se finansiële hulp terugtrek.

Meningsvormers is van oordeel dat Oostenryk moontlike vervolging te wagte kan wees vanuit die Europese Unie, maar kenners reken dit kan lei tot ernstige spanning indien Oostenryk die amp van president beklee.

Die plan is die week deur die Oostenrykse kanselier, Sebastian Kurz, in Wene bekendgemaak  en gesê dit sal alle uitlanders in die land direk raak wat vir vyf jaar finansiële hulp ontvang.

Die sleutelgedagte is dat die Duitse taal as vereiste gestel word indien ’n uitlander wil kwalifiseer vir die volle voordeel wat toegelaat word.

Hy het bygevoeg dat die grootste aantal uitlanders in die hoofstad woon, en derhalwe geen verskoning het waarom hulle nie Duits kan aanleer nie.

Foto – Kanselier Sebastian Kurz