Ontsoutingsaanleg in Kaap

Kaapstad se ontsoutingsaanleg by Strandfontein het begin produseer.

Dit beteken dat seewater behandel word om drinkbaar te word, en word daarna in die stad se waterstelsel gepomp. Sogenaamde bruin water word dan eers behandel voordat dit in die see gepomp word.

‘n Ontsoutingsaanleg by die Waterfront is reeds in produksie en ‘n verdere aanleg by Monwasi baai sal binne twee maande in werking wees.

Dié water gaan ‘n verbruiker R40 per kiloliter kos teenoor die R5 van gewone damwater.

Die feit dat die aanlegte in werking kom terwyl Patricia de Lille nog burgemeester is, sal waarskynlik deur haar gebruik word om ‘n saak uit te maak dat sy ‘n goeie burgemeester is.

Intussen het welkome reën in die moederstad uitgesak.