Onheilspellende toekoms vir eiland bewoners

Die stygende watervlak van seewater en die groter wordende watergolwe maak dat talle eilande waarvan minstens 400 geraak word, reeds vanaf 2050 onbewoonbaar sal wes.

Die opspraakwekkende bevinding is gemaak deur weerdeskundiges wat reken dat die eilandbewoners voor daardie tyd na ander gebiede sal moet verhuis.

’n Studie wat deur Amerikaanse geologiese deskundiges van die Universiteit van Hawai vrygestel is, toon dat derduisende eilandbewoners verskuif moet word voor die ernstige ramp die eilande tref.

’n Wetenskaplike het die situasie as uiters onheilspellend bestempel en gesê die krisis sal begin met seegolwe wat oor die eilande slaan en massas water agterlaat waar normaalweg droë grond was.

Kenners wys daarop dat die seegolwe gevaarlik kan wees en mag mense ook insleep of ernstig beserings kan opgedoen word.

Die grootste krisis is egter om die mense te verskuif en alternatiewe werkplekke en woonplekke vir hulle te vind.