Ondersoekspan teen Moyane kry nuwe voorsitter

Nadat Tom Moyane (foto) van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beswaar gemaak het teen Kate O’Reagan as voorsitter van die tugkomitee teen hom, het Ramaphosa geswig en ‘n ander voorsitter aangewys.

Skynbaar was Moyane se grootste beswaar teen O’Reagan dat sy lid is van Corruption Watch.

‘n Advokaat, Azar Bam, sal nou die ondersoek lei as voorsitter van die kommissie. Bam was voorheen deel van ondersoeke na die Guptas en staatskaping.

Moyane word ondersoek vir twaalf oortredings van die Inkomstediens se gedragskode.