Nuwe VSA ambassadeurs vir België en EU

Die Verenigde State van Amerika het die naweek nuwe ambassadeurs aangewys vir België en die Europese Unie.

Ron Gidwitz sal in Brussel as verteenwoordiger  gevestig wees terwyl Gordon Sondland benoem is as Europese ambassadeur.

Die diplomatieke verhouding tussen die VSA en België het sedert 2016 getaan omdat daar geen diplomatieke verteenwoordiger in Brussel was nie.

Waarnemers sê president Trump het gesorg dat beide persone politieke benoemings is wat die Republikeine se belange in ag sal neem.

Ontleders wys daarop dat beide die benoemdes juridies geskik sal wees vir die amp en behoort groot steun te kry in die senaat.

Foto – Ron Gidwitz