Nuwe pleidooi oor doodstraf

In ’n onafhanklike studie wat in Suid-Afrika gedoen is, word bevind dat daar gemiddeld sowat 130 blankes per jaar deur anderskleuriges vermoor word, en dat sowat 20 blankes peer jaar deur blankes vermoor word.

Die moord op drie gesinslede deur Henry van Breda het die fokus opnuut geplaas op die moontlike herinstelling van die doodstraf.

Dit is ’n aanvaarde feit dat die doodstraf ’n doeltreffende manier is om potensiële moordenaars af te skrik, terwyl die huidige situasie moordenaars aanmoedig om die moord te begaan.

Een moordenaar van ’n blanke egpaar het na afloop van die hofsaak gesê nou het hy elke dag kos om te eet, en gratis verblyf sonder om te werk.

Op ’n vraag of hy die moorde sou begaan as hy die doodstraf daarvoor sou kry, het hy na bewering gesê dit sal hy nie doen nie want “dit is die twee wittes se dood nie werd nie”.

Die studie toon dus dat die moontlikheid bestaan dat die 130 blankes wat jaarliks vermoor word, waarvan meer as 50% op plase gewoon het, verseker sal afplat, en die 20 moorde wat deur blankes op mede blankes gepleeg word, waarskynlik met sestig persent sal verminder.

Daarom is dit geregverdig om weer oorweging te gee aan die herinstel van die doodstraf terwyl die moorde wat swart op swart pleeg, ook drasties sal afneem.

Dirk Vermeulen