NUMSA nie Ramaphosa se vriend

Alhoewel Cyril Ramaphosa uit die vakbondwese kom, is nie alle vakbonde hom noodwendig goedgesind nie.

Dit het geblyk uit ‘n Werkersdag toespraak van NUMSA se hoofsekretaris, Irvin Jim.

Jim het kaalvuis onder Ramaphosa ingeklim en gesê hy sien nie om na die behoeftes van die werkers nie. Die 24 vakbonde wat by die NUMSA geaffilieer is sal nie afsien van hul eis van ‘n minimumloon van R12 500 nie.

Jim het Ramaphosa die Donald Trump van Suid-Afrika genoem wat net die myne en sakesektor verteenwoordig, en dat Ramaphosa daarom ook swart werkers gaan uitbuit.

Foto: Irvin Jim