Noord-Korea blaas kerntoets sentrum op

Noord-Korea het sy kernkrag toetsaanleg “opgeblaas” as ’n teken van goedgesindheid met die oog op die toekomstige onderhandeling met Amerika.

Daarmee het die kommuniste probeer om Amerika te beïnvloed met “die goeie bedoelings” om in die onderhandelings deel te neem.

Maar die negatiewe opmerking van die adjunkminister van buitelandse sake in Noord-Korea het alles verongeluk en het president Trump aangekondig dat die ontmoeting afgelas is.

Verslaggewers wat spesiaal uitgenooi was om as ooggetuies te dien, het later bevestig dat ’n reuse ontploffing by die kernwapen-toetsaanleg gesien is wat die basis vernietig het.

Meningsvormers is egter nie beïndruk met die vertoning nie aangesien Kim Jong-Un vroeër gesê het Noord-Korea het sy toetsprogram gestaak omdat hy bereik het wat ten doel gestel is.

Die vermoede bestaan dat Kim Jong-Un hoegenaamd nie bereid sal wees om die kernwapen vervaardigingsaanleg te vernietig nie, wat dus geen sinvolle gesprek kan meebring nie.

Intussen het president Trump hom onttrek van die Singapoer ontmoeting met Kim Jong-Un, en sal die gesprek nie plaasvind sonder ’n behoorlike en aanvaarde verskoning deur die kommuniste nie.