Nasionalisering van Reserwebank gaan voort

Die ANC het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê dat die nasionalisering van die Reserwebank nie “oorhaastig “ sal geskied nie maar die resolusie geneem op die ANC se konferensie moet uitgevoer word.

‘n Ekonomiese “transformasie” komitee is aangestel om die saak te ondersoek.

Die Reserwebank het reeds in Desember verklaar dat so ‘n proses net kosmeties sal wees teen hoë koste en dat dit riskant is in die lig van die land se huidige onstabiele ekonomie.

Ekonome glo egter dat dit net ‘n eerste van baie sal wees. Omdat die publiek nie regtig belang het by die Reserwebank nie, sal daar nie veel protes teen sy nasionalisering opgaan nie. Sodra die beginsel van nasionalisering egter realiseer met so ‘n stap, is daar niks wat enige nasionalisering van enige instelling sal keer nie, word geglo.