N2 versperring verby

Die N2 hoofweg is weer geopen na protes optrede deur amokmakers met brandende bande.

Groepe van tot dertig opstokers het die snelweg versper en motoriste moes van alternatiewe roetes gebruik maak.  Groot ontwrigting is veroorsaak met vakansiegangers wat na die langnaweek teruggekeer het na hul bestemmings.

Maandag moes polisie brandbestrydingsvoertuie vergesel na die munisipale kantore in Macassar waar die kantore aan die brand gesteek is deur protesmakers.

Nog geweld het in Vrygrond in die Wes-Kaap uitgebreek waar voertuie met klippe en petrolbomme bestook is, en ‘n sport klubhuis is ook in Seawinds afgebrand.