Musk se hoëspoed tonnel byna voltooi

Elon Musk is besig om sy belofte na te kom om ’n hoëspoed vervoerstelsel te bou wat van ’n tonnel gebruik maak om mense teen ’n asemrowende spoed van een punt na ’n ander te vervoer.

Die tonnel, wat aanvanklik die mense laat glimlag het, is besig om voltooi te word, en  die eerste toetse sal nog vanjaar uitgevoer word.

Die tonnel wat bedoel is om Los Angeles se druk verkeer te verlig, is byna voltooi in sy eerste fase van ’n super moderne passasier vervoer sisteem wat vinniger as die gewone passasiersvliegtuie sal beweeg.

Die eerste tonnel sal mense blitsvinnig vervoer na die middestad van Los Angeles sodat hulle na die middestad kan reis en die erge verkeer vryspring.

Hy sê die passasiers sal die eerste paar maande gratis vervoer word om sodoende die finale toetse af te handel.

Die tonnel wat sowat 5 kilometer lank is en wat as die eerste toets tonnel sal dien, sal sy passasiers in ’n rytyd wat sekondes sal duur vervoer, is die begin van ’n netwerk wat uit sowat 100 kilometer sal bestaan.

Afhangende van die sukses, sal langer tonnels daarna gebou word.