MT Steyn binnekort weg

Die beeld van pres MT Steyn op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat, gaan binnekort verdwyn.

Swart studente maak nou ‘n kwessie van daardie beeld en eis dat dit moet verdwyn.  Die studenteraad staan aan die voorpunt van die eis dat die beeld moet val.

Die beeld staan reeds vanaf 1929 voor die hoofgebou.

Die president van die studenteraad, Asive Dlanjwa sê hulle sal alles in hul vermoë doen om te verseker dat die standbeeld verwyder word.

Dit is tans nie seker hoe sterk die Afrikaner studentegemeenskap nog is om weerstand teen die kultuurvernietiging te bied nie.