Mooirivier chaos: 48 vrygelaat

Agt-en-Veertig van die 56 mense wat in hegtenis geneem is tydens en na die Mooirivier tolhek chaos, is vrygelaat.

Daar was groot verbasing toe die staat slegs agt beskuldigdes voor die hof gedaag het. Onvoldoende bewyse deur die polisie is aangegee vir die vrylating van die 48.

Geen arrestasies is egter nog gemaak van enige  brandstigter nie aangesien die polisie die saak nog “ondersoek”.