Modise kan Supra vervang

Gerugte wil dat Thandi Modise vir Supra Mahumapelo gaan vervang as premier in die Noordwes.

Dit volg nadat tesourie en die regering ingegryp het die provinsie se sake.

Volgens berigte het Supra ooreengekom om uit te tree as premier maar hy gaan hand-en-tand veg om aan te bly as voorsitter van die ANC in Noordwes.

Cyril Ramaphosa wil blykbaar sien dat die hele uitvoerende komitee van die provinsie ontbind.

Intussen is daar skielik ‘n komplot onthul dat Supra vermoor gaan word, wat waarnemers glo niks anders is nie as ‘n rookskerm vir sy wandade.

Modise was voorheen in die nuus oor verwaarlooste varke op die plaas.

Foto: Thandi Modise