Mitchells Plain steeds smeulend

Die situasie in Mitchells Plain in die Kaap is steeds baie plofbaar.

Groepe mense het Donderdagaand nog steeds saamgedrom en bewerings is gemaak dat daar op die polisie geskiet is.

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, is stert tussen die bene uit die gebied nadat inwoners teen haar gedraai het tydens haar besoek daar.

Die botsings tussen die inwoners van Mitchells Plain en Siqalo  is tans op ‘n “skietstilstand”.