Misdaad Intelligensiebeamptes se “rekords”

Ten minste 27 beamptes van die SA Misdaad Intelligensie Afdeling het kriminele rekords.

Dit is bevestig deur die minister van polisie, Bheki Cele, in antwoord op vrae in die parlement. Twintig is pad verkeersoortreders terwyl sewe ernstige oortredings begaan het.

Volgens misdaadkenners benadruk dit die nasionale probleem van lede van die veiligheidsektor wat kriminele rekords het.

Cele kon nie bevestig in watter provinsies die lede is en wat die oortredings was nie. Weer ‘n kwessie van ek weet nie of ek verstaan nie.

Foto: Bheki Cele