Minister se vrou en R900 000 reisvergoeding

Malusi Gigaba, tans minister van binnelandse sake, se vrou het  bykans R900 000 spandeer tydens ritte wat sy saam met hom oorsee was.

Vlugkoste na Asië en New York het R140 000 beloop met ‘n verdere reistoelae van R16 000.

Ondersoek het verder getoon dat die totale koste van haar uitspattige lewe saam met haar minister man net duskant die R900 000 beloop, wat deur die belastingbetaler gedra is.

Daar word nou deur opposisiepartye geëis dat Malusi Gigaba die geld moet terugbetaal aangesien sy in geen amptelike hoedanigheid opgetree het nie.