Merkel en Poetin soek gemeenskaplike belange

Duitsland se Bondskanselier, Angela Merkel, het ’n ontmoeting met president Vladimir Poetin gehad om verskeie sake te bespreek, en hulle is soekend na gemeenskaplike sake wat in beide se belang is.

Die toestand in Sirië en in die Oekraïne, waar Rusland ’n beduidende rol vervul het, en die onverkwiklike situasie in die Krim Skiereiland, sowel as die kernverdrag met Iran was van die belangrikste onderwerpe wat bespreek is.

Beide kanselier Merkel en president Poetin hoop dat die gesprekke sal lei tot ’n beter verhouding om die hervatting van die Koue Oorlog uit te skakel.

President Poetin is gretig om ’n beter verhouding met Europa te bereik met die hoop dat sanksies teen sy land minstens verlig sal word as dit nie opgehef word nie.

Kanselier Merkel wil graag in Rusland ’n bondgenoot vind wat ook sal meedoen om Iran se kernverdrag staande te hou.