Melanie Trump ondergaan operasie

Die Eerste Dame van Amerika, Melanie Trump, het ’n delikate nier operasie ondergaan in ’n Washington hospitaal en sal eers aan die einde van die week ontslaan kan word.

Die 48-jarige dame het Maandag die operasie ondergaan in die Walter Reed Nasionale Militêre Mediese Sentrum om bloedvloei te blokkeer.

Die Wit Huis het in ’n amptelike nuusvrystelling gesê die prosedure was ’n sukses en Melanie verkeer in ’n uitstekende toestand, maar sal eers teen die einde van die week ontslaan kan word.

Sedert president Trump se verkiesing het Melanie hom gereeld op buitelandse besoeke vergesel, maar daar bestaan twyfel of sy vinnig genoeg sal herstel om die reis na Singapoer mee te maak wanneer die president en Kim Jong-Un mekaar ontmoet.