Meer ambassades skuif na Jerusalem

Aanvanklik het die wêreld gegil op president Donald Trump nadat hy aangekondig het dat die VSA se ambassade vanaf Tel Aviv verskuif word na Jerusalem.

Enkele dae later het Guatemala aangekondig dat die land ook besluit het om Jerusalem te erken as die hoofstad van Israel en derhalwe ook hulle ambassade daarheen te verskuif.

Die derde land, Paraguay, het nou by monde van die president, Horacio Cartes, bekendgemaak dat sy land ook hul ambassade verskuif na Jerusalem.

Die premier van Israel, Benjamin Netanyahu, het saam met president Cartes die nuwe ambassade onthul in die suide van Jerusalem.

Beide leiers het later gesê dit versterk ook die vriendskapsband tussen die twee lande, want die onthulling is ’n “geweldige dag van ons vriendskap”.

Foto – President Cartes en premier Netanyahu