McCain verloor geveg teen Trump

Die stryd wat die Amerikaanse senator John McCain gevoer het teen die voorstel van president Trump, het weer misluk toe die senaat goedkeuring gegee het dat Gina Haspel aangestel word as direkteur van CIA.

McCain het met ’n veldtog begin om te voorkom dat Haspel aangestel word, wat glei het tot ’n stryd tussen president Trump en McCain, wat hy weereens verloor het.

McCain is ’n senior senator van die Republikeine wat nie ten gunste van Trump se verkiesing as president was nie, en sedertdien telkens probeer het om Republikeine te oorreed om teen Trump se aanbevelings te stem.

Hy is ook verantwoordelik daarvoor dat ObamaCare steeds in werking is terwyl die meerderheid kiesers ten gunste van die afskaffing of vervanging daarvan is.

Die inligtingskomitee het agter geslote deure hulle besprekings gevoer oor Haspel se moontlike aanstelling, en het uiteindelik met 10 stemme teen 5 ten gunste van haar aanstelling gestem, wat president Donald Trump met oortuiging laat seëvier het.

Die 55-jarige Haspel het reeds 33 jaar diens in die CIA en volg Mike Pompeo op wat intussen deur die president aangestel is as minister van buitelandse sake.

Foto – Gina Haspel