Le Pen wil EU hervorm

Die nasionalistiese Marine Le Pen van Frankryk het ’n beroep op nasionaliste in Europa gedoen om eendragtig saam te staan om sodoende ’n verandering te bring in die Europese Unie.

Le Pen het haar visie oor die toekoms van die EU uitgespel en gesê die hervorming moet ’n ander Europa bewerkstellig.

Sy het die opmerkings gemaak tydens ’n byeenkoms waar nasionalistiese leiers byeengekom het om te besin oor die EU verkiesing wat later plaasvind.

Sy het daarop gewys dat die Europese Parlement se verkiesing in 2019 plaasvind en dat nasionaliste hulle gereed moet hou daarvoor.

Sy sê ’n nasionalistiese meerderheid in die Europese Parlement is nie vêrgesog nie, en daarom moet almal in die onderskeie lidlande hulleself gereedmaak vir die komende stryd.