Lae opvoedkundige vlakke van raadslede

Die lae opvoedkundige vlakke van munisipale raadslede is een van die redes waarom rade op die rand van ineenstorting is.

Die mening kom nie vanuit blanke kringe nie, maar van die Natalse LUK van Ko-operatiewe Regering en Tradisionele Sake, Nomusa Dube-Ncube.

Sy het bekendgemaak dat weinig raadslede in die provinsie enige na-matriek kwalifikasies het terwyl daar gevalle is van sekere raadslede wat geen skoolonderrig het nie.  Raadslede is dus nie in staat om dokumente behoorlik te lees of te begryp nie en kan dus nie bepaal wanneer amptenare bedrog pleeg nie.

Die probleem is egter ook in die administrasie van die munisipaliteite aangesien sewe voltydse aanstellings en 33 waarnemende aanstellings teruggetrek moes word wees amptenare se “onvoldoende kwalifikasies”.

Foto: Nomusa Dube-Ncube