Kwota maak sy volle draai

Siya Kolisi is aangestel as die eerste swart toetskaptein van SA Rugby.

Die aankondiging is gemaak deur Rassie Erasmus, die afrigter van die SA rugbyspan.

Sy keuse as kaptein is glo ‘n “groot deurbraak” vir SA Rugby weens die feit dat baie swartes rugby beskou as ‘n “wit” sport.

Die span wat gekies is vir die toetse teen Wallis en Engeland bestaan nou uit 24 blankes en 19 swartes. Dit volg nadat die SA Rugby en die ANC-regering ooreengekom het dat die 2019 Wêreldbekerspan uit 50% swartes sal bestaan.

Geen melding word egter gemaak van meriete nie, solank daar net 50% swartes in die groep is ongeag of hulle goed genoeg is of nie.

Sportkenners sê dit is oneerlik teenoor die swart spelers en is dit onregverdig teenoor die wit spelers wat weggelaat word ten koste van swart “kwota” spelers. Dit is die rede waarom goeie blanke spelers hulle heil in die buiteland gaan soek.

Daar word verwag dat die belangstelling in rugby sal afneem, veral omdat daar weer eens druk is om die Springbok embleem te vervang.